Suddenly I found you and the spirit in me sings,
Don’t have to look no further,
You’re the soul of many things.
-Bob Dylan
Wat n ongelooflike mooi troue by kloofzicht.
Monique: N pragtige bruid binne en buite. N hart van goud, sag, nederig, en so spesiaal. Sy was omring deur die mooiste meisies. Dit was vir my so lekker om al die pragtige meisie so na aan mekaar te sien. Oomblikke tussen hulle was asemrowend mooi, veral toe hulle vir Monique en Rudi se huwelik bid.
Rudi: Ek kon nie ophou lag vir hierdie lawwe ou nie. Hyt die dag so lekker gemaak met sy grappies. Rudi is ongelooflik lief vir Monique, en dit is vir my altyd lekker om sulke liefde vas te vang.
XXX